Skip to content

REËLS EN RIGLYNE

Inhoud

TOELATINGSREËLS RONDOM DEELNAME

  • Beide gemengde en enkelgeslaggroepe word toegelaat. Alle lede van ‘n groep moet geregistreerde studente wees aan die tersiêre instelling waarmee die groep geassosieer word.
  • Groep moet bestaan uit ‘n minimum van vier (4) lede en ‘n maksimum van dertig (30) lede.

OPTREDE TYD

  • Elke groep word toegelaat om ‘n minimum van tien (10) minute en maksimum vyftien (15) minute op die verhoog te hê. Elke groep is verantwoordelik om hul repertoire so saam te stel dat hulle nie die toegelate tyd oorskry nie.
  • Tyd begin vandat die eerste hoorbare klank op die verhoog gemaak word (hetsy doelbewus of nie), en eindig wanneer die laaste element van die verhoog af is. Elemente sluit rekwisiete, instrumente, sangers en enige ander bydraende komponente in wat deur die groep op die verhoog geplaas is.
  • Daar is geen beperking op die aantal verwerkings nie. 

MUSIEKVERWANTE RIGLYNE

  • Alle genres van musiek (jazz, pop, klassiek, ens.) is welkom. Die repertoire moet egter geskik wees vir ‘n gesinsvertoning.
  • Daar is geen beperking op die aantal instrumentaliste nie. ‘n Maksimum van drie (3) instrumente sal egter terselfdertyd toegelaat word.
  • Slegs draagbare akoestiese instrumente mag gebruik word; met ander woorde, instrumente wat nie met elektrisiteit of klankversterking vereis nie.
  • Die instrument moet deur een persoon op en van die verhoog af gedra word.
  • Daar moet ten minste een volledige ‘medley’ wees sonder die gebruik van enige instrumente.
  • Groepe mag gebruik maak van stemvurke, melodikas of soortgelyke toestelle om ‘n aanvangstoon te genereer.

REKWISIETE EN KOSTUUMS

  • Enige toepaslike klere of rekwisiete mag gebruik word, mits dit geskik is vir ‘n gesinsvertoning.
  • Rekwisiete word op die verhoog toegelaat, maar niks mag na afloop van die optrede op die verhoog agterbly nie
  • Dekor word nie toegelaat nie. Dekor verwys na items wat slegs vir atmosfeer en tema uitbeelding gebruik word en nie as instrumente dien nie.
  • As rekwisiete van gebruik gemaak word, nie as dekor nie, moet dit ten minste een keer as ‘n instrument vir ten minste vier (4) mates gebruik word.
  • Geen rekwisiete mag op enige vorm van wiele ingebring word nie.
  • Rekwisiete mag geen gevaar vir deelnemers inhou nie en is onderhewig aan die goedkeuring van die teaterbestuur.
  • Geen spesiale beligting/effekte mag gebruik word nie.
  • Geen kerse, oop vlamme of vloeistowwe van enige aard sal op die verhoog toegelaat word nie. Oortreding van hierdie reël sal tot onmiddellike diskwalifikasie lei.
  • Geen rekwisiete of kostuums mag enige simbole van die universiteit of verblyfplek/struktuur wat hulle verteenwoordig bevat nie.

BEOORDELING

Daar sal ‘n minimum van vyf (5) amptelike beoordelaars aangestel word. Indien daar meer aangestel word sal dit altyd ‘n ongelyke getal beoordelaars wees.Let wel: Hierdie reël is net op die totale punt vir ‘n groep van toepassing en sal nie in berekening gebring word by ander kategoriepryse nie.

Die punte word as volg toegeken:

    • 85% – Musikaliteit
    • 15% – Vermaak

BEOORDELINGSKRITERIA

MUSIEK

Intonasie

20

Dinamiek

20

Musikaliteit

  • Harmonisering
  • Balans
  • Ritmiese akkuraatheid

20

Afronding                        

  • Interpretasie
  • Uitspraak
  • Toon kwaliteit

15

Kompleksiteit

10

Totaal

/85

VERMAAK

Formasies en koreografie

5

Spontaneïteit en entoesiasme

5

Visuele vertoning

5

Totaal

/15

GROOT TOTAAL: 

/100

MUSIEK

Intonasie: Dit verwys na die korrektheid van die toonhoogte asook konsekwente handhawing daarvan.

Dinamiek: Variasie tussen hard en sag. Die dinamiek moet bydra tot die musikaliteit van die verwerking, interpretasie en frasering.

Musikaliteit:

  • Harmonisering: Die groep moet musikale harmonie vestig. Daar moet ‘n klanksamehorigheid van alle stemme en klanke wees.
  • Balans: Daar moet ‘n balans wees tussen al die stemdele. Dit geld vir afsonderlike stemdele en die groep as geheel. Die melodie en harmonieë moet in balans wees. Die melodie mag nie oorskadu word nie.
  • Ritmiese akkuraatheid: Die tempo moet deurgaans konstant wees. Die gebruik van perkussie en vokale perkussie moet musikaal bydra tot die optrede.

Afronding:

  • Interpretasie: Die uitvoerders moet getrou bly aan die styl van die verwerking. Is die interpretasie musikaal interessant? Maak dit musikaal sin? Die uitvoerders moet die vermoë hê om toepaslike emosie oor te dra.
  • Uitspraak: Korrekte uitspraak. Egtheid. Eenheid (gelyke klinkerkleur). Klinkers, medeklinkers en diftonge moet saam wees.
  • Toonkwaliteit: Verwys na vokale kleur. Pas die klank by die musiekstyl? Implementering van vibrato en reguit toon, waar gepas. Goed ondersteunde, vrye en weergalmende klank, stilistiese toepaslikheid. Natuurlike asemhaling en die asemhaling ondersteun die frasering.

Kompleksiteit: Die moeilikheidsgraad van die verwerking. Kreatiwiteit van die verwerking. Toepaslikheid van vokale omvang vir die sangers. Musikaal, ritmies en liries interessante oomblikke. Eksperimente met jazz-harmonie, atonale musiek, ens.

Vermaak:

Formasies en Koreografie: Die groep moet as een liggaam beweeg. Dra die beweging by tot die algehele optrede en word dit doeltreffend gebruik.

Spontaneïteit en entoesiasme: Die groep moet voelbare energie hê en die vermoë besit om ‘n atmosfeer te skep. Dit sluit onder andere gesigsuitdrukking, reaksie van die gehoor, en interaksie met die gehoor en mekaar in.

Visuele Vertoning: Die produksie in sy geheel. Keuse van lied, hoe gesofistikeerd die optrede is, kostuums, koreografie, teks, kreatiwiteit, humor, en oorspronklikheid.